Ou Mike, Kallie en Jimmy gaan jag. Kallie is die voorloper want hy is die maarste en dus maak hy die minste geraas met Mike en dan Jimmy wat volg. Kallie kom dan ook eerste op ‘n spoor af en oor hy nie weet wat dier dit gemaak het nie wag hy vir Mike.
Toe Mike die spoor sien begin die twee lekker te stry oor watter dier hierdie spoor maak. Nie lank nie of Jimmy sluit hom by die twee aan en die stryery raak net erger wat Jimmy stem weer glad nie met die ander twee saam oor watter dier die spoor gelos het nie.
Hulle drie staan 10 minute later nog en stry oor watter dier die spoor getrap het toe ry ‘n trein hulle dood.
