Die All Blacks toer deur Suid-Afrika en die kaartjies word soos soetkoek opgeraap. Die enigste manier om later kaartjies te kry is om in lang rye te gaan staan by Nuweland, Ellispark en ander stadioms. Twee namakwalanders ruk op na die Kaap om kaartjies te kry. Dit is koud en reenerig en die manne trek hulle aapjasse aan en sit maar bietjie versterk water weg teen die koue. Buite Nuweland gaan staan die twee in die ry saam met hordes ander. Na ‘n baie lang gewag sê die een namakwalander vir die ander “Jong en moet gaan pis, ek kan nie meer knyp nie”
Die ander een keer “Nee, man, jy gaan jou plek verloor in die ry, pee sommer in die ou langs jou se sak, ons staan so dig opmekaar gepak dat hy nie sal agterkom nie”
“Nee, jong, die ou gaan dit agterkom en dan gaan hy my donner”
“Nee, hy sal dit nooit agterkom nie, ek het netnou in jou sak gepee en jy weet van niks nie”
