Piet en Koos, ou skoolvriende, loop mekaar weer raak na twintig jaar.
“Haai, ou Piet, jy lyk goed man. Wat het jy gaan doen na skool?” vra Koos.
“Ek het Tale gaan swot op Tukkies en het my Honneurs gekry in Afrikaans. Daar ontmoet ek toe ook my vrou, wat gedigte en prosa skryf vir ‘n lewe. Sy het ‘n Meestersgraad in Letterkunde gekry voor ons eerste seun gekom het. My seun is ‘n konsertpianis in Amerika vir die Amerikaanse Philharmoniese orkes en my dogter is die hoofballerina in London se balletgeselskap. Julle moet een aand oorkom dan hou ons ‘n kultuur-aand. Wat van jou? Wat het jy met jou lewe gedoen Koos?”
“Nee,” sê Koos, “ek was mos al op skool ‘n bietjie bakleierig en het na skool maar ‘n bokser geword. Daar ook my vrou ontmoet, die dogter van ‘n boks promotor, en in daai tyd kon vrouens mos nie boks nie toe begin sy met karate en sy het haar swart belt gekry voor ons eerste kind daar was. Ons seun het laas maand sy SA kleure gekry in stoei en my dogter verteenwoordig ons land in Judo. Julle moet een aand oorkom dan moer ons julle.”
