grappies
Home » Blog

Waarheen jaag jy?

Ek sit en kyk deur die werf statestiek en goeters wat google te sê het oor die 1ste maand van LJD se bestaan en ek wonder waarna jaag julle? En voor die skrifgeleerders my nou weer gooi met ‘n verdraaiing van spreuke se “hulle/dit (is ‘n ge-) jaag na wind” lees eerder die hele ding.

En laat ek sommer aan die begin sê ek verwelkom almal hier, selfs julle wetters wat net land en onmiddelik  weer vertrek het soos sleg kinders wat die klokkie lui en dan weghardloop voor ek kans kry om hello te sê. Julle laat my hop (“bounce” – waar die besoeker weer verder swerf nadat hy 1 bladsy gelees het ) statestiek slegter lyk as daai manne wat huise met dieselfde naam bou.

Google gee my ‘n paar stukkies inligting wat ek nou soos ‘n Sherlock Homes moet aanmekaar vlans om ‘n antwoord te kry wat dalk selfs ou Holmes se antwoord op die vraag sou laat lyk het soos ‘n baas speurder sin in vergelyking met waarmee ek vorendag kom.

Hier is my vinnige gevolgtrekkings

1. Baie van julle wil weet of julle uniek is en of daar ook ander mense is wat se dose lag…Met so baie unieke mense op die internet is dit vir my onverklaarbaar hoekom die sirkus so swak doen in die land. Dalk is dit omdat die meeste van hulle(julle) werk gekry het as politikusse? Moet ek dus aanvaar die meeste van my besoekers werk in die parlement?

2. Google wys my wat mense ingetik het of gesoek het om hierheen gestuur te word. Daar is die gewone skuldiges soos “grappies”, “grappe” ens en dan ‘n paar wat my verder help in my soektog na antwoorde. In volgorde van hoeveelheid, die snaakser soekterme

“huil”
“vroulike orgaan”
“kaal geskeerde muis” WDF!?(WDF = amper soos “WTF” maar in ‘n mooier taal, naamlik Afrikaans)
“laai jou kaal fotos”

So my gevolgtrekking is
a) Jy huil want jou kaalgeskeerde muis is nou ongelukkig oor iets. Dalk oor jy sy foto iewers gelaai het.
of
b)Jy huil want jy weet nie wat ‘n vroulike orgaan is nie en “Pinky and the Brain(kaal geskeerde muise)” wil nie vir jou sê nie
of
c)Jy huil want jy wil ‘n vroulike orgaan of ‘n kaalgeskeerde muis he (maar ek dink “vroulike orgaan” is heeltemal te moeilik om in te tik vir julle – julle soek gewoonlik in 4 letter woorde.)

WDF!, WDF? WDF!? Afrikaners verbaas my daagliks en nou dat ons ons eie stam gekry het sal dit sekerlik net snaakser raak.

Ek kan nie wag om te sien wat die maand gaan oplewer nie…

Hou op suinig wees - deel dit!
  • email
  • Print
  • Facebook
  • MySpace
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Yahoo! Bookmarks
  • Twitter
  • muti

Gesels saam!

Gesels saam - los gerus 'n opmerking, aanmerking of boodskap, of 'n trackback vanaf jou eie webwerf. Jy kan natuurlik ook inteken subscribe to these comments op kommentaar via RSS.

Hou dit asseblief skoon(erig) en bly maar by die titel.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar.