grappies
Home » Grappies

Vrystaatse verkoopsman

25 June 2009

Jong man uit die Vrystaat kom Johannesburg toe en gaan na een van daai “alles-onder-een-dak” winkels om werk te soek. Die bestuurder vra hom, “Het jy enige ervaring met verkope?”
“Ja” sê die mannetjie, “Ek het kunsmis by die koöperasie verkoop”.
Die baas hou van die jongman en gee toe vir hom die werk. “Jy begin môre. Ek sal so teen sluitingstyd ‘n draai kom maak om te sien hoe dinge gegaan het.”

Sy eerste dag was ‘n bietjie rof maar hy het dit gemaak. Na die winkel sluit, kom maak die baas ‘n draai maak op die winkel vloer. “So,hoeveel klante het jy vandag gehad?”
Die jong man antwoord sonder om te huiwer, “Een.”
Die baas is bietjie verbaas, “Net Een? Ons verkoopsmense hier hanteer ‘n gemiddeld van 20 tot 30 klante op ‘n dag. Hoeveel het die klant spandeer?”
“R461 387.55″ sê die jongman.
“R461 387.55?! “Wat de joos het jy aan hom verkoop?!”
“Wel,” sê die man, “Ek het eers ‘n klein vishoek aan hom verkoop. Toe verkoop ek ‘n medium grootte vishoek en uiteindelik ‘n groot vishoek. Toe verkoop ek aan hom ‘n nuwe visstok. Toe het ek hom gevra waar hy gaan visvang en hy sê toe by Sodwana aan die noordkus en ek sê toe vir hom dan gaan hy beslis ‘n groter boot nodig hê en toe stap ons oor na die bootafdeling en daar verkoop ek aan hom ‘n nuwe Kingkat met dubbele Yamaha buiteboordmotors. Hy sê toe vir my hy dink nie sy Toyota Corrola gaan die ding gesleep kry nie, toe vat ek hom na die motorafdeling en verkoop aan hom ‘n nuwe 4×4 Hilux Raider.”

Verstom vra die baas, ” ‘n Ou kom hier in om ‘n vishoek te koop en jy verkoop aan hom ‘n boot en ‘n bakkie?”

“Nee, hy was hier om ‘n boks tampons vir sy vrou te koop toe sê ek vir hom, wel, jou naweek is in elk geval opgemors, jy kan maar net sowel gaan visvang…”

Hou op suinig wees - deel dit!
  • email
  • Print
  • Facebook
  • MySpace
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Yahoo! Bookmarks
  • Twitter
  • muti

Gesels saam!

Gesels saam - los gerus 'n opmerking, aanmerking of boodskap, of 'n trackback vanaf jou eie webwerf. Jy kan natuurlik ook inteken subscribe to these comments op kommentaar via RSS.

Hou dit asseblief skoon(erig) en bly maar by die titel.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar.