Op ‘n dag loop Jannie in die straat af en sien hy sy vriend, Piet, ry ‘n nuwe bakkie. Piet hou met ‘n groot glimlag langs hom stil.
“Waar kry jy die bakkie..?” vra Jannie,
“Marietjie het dit vir my gegee” sê Piet,
“Vir jou gegee? Ek het geweet sy hou van jou maar ‘n splinter nuwe bakkie?”
“Wel, Jannie laat ek jou vertel wat gebeur het. Ons het op die plaaspad uitgery tot in die middel van nêrens. Toe trek Marietjie van die pad af, ry met die 4×4 tussen die bome in, hou stil, trek al haar klere uit en sê:
“Piet, vat vir jou wat jy wil hê!”
“Toe vat ek die bakkie.”
“Piet, donner, jy’s ‘n slim ou. Marietjie se klere sou nooit vir jou gepas het nie.”
