In ‘n klein dorpie in die Vrystaat het ‘n ou ‘n klein besigheidjie wat allerhande tekens en borde maak soos straatname, naamborde, advertensieborde en die soort van ding. Hy is dysleksies maar dit maak nie ‘n verskil aan hoe populer en besig hy is nie en die meeste van die dorp se werk kom in sy rigting.
Nou in die klein dorpie is daar ‘n straat genaamd “Poeikoesstraat” en in die straat is die dorp se enigste bordeel (daai plek waar die vrouens verskriklik baie van jou vir ‘n paar rand ‘n uur)
Na bewering is daar in die voorportaal van die borddeel een van die ou se borde wat as volg lees.
“Koes vir die Plante”
