grappies
Home » Grappies

Vrouens se beste storie die jaar?

Hierdie is aan my gestuur onder die opskrif dat dit “vrouens se beste storie van die jaar is” (Geen melding word van die jaar gemaak nie). So aan al die vroulike LJD lesers dan

‘n Man raak eendag gatvol daarvan dat hy elke dag werk toe moet gaan terwyl sodat sy vrou by die huis bly. Hy bid toe

” Here, ek moet elke dag werk toe gaan en 8 harde ure werk terwyl my vrou eenvoudig net by die huis bly. Ek wil graag he sy moet ervaar waardeur ek elke dag gaan. Laat ons asseblief liggame ruil vir ‘n dag. Amen”
God besluit toe om die versoek toe te staan en die volgende oggend word die man as ‘n vrou wakker. Die man staan op, maak oggendete, maak die kinders wakker, sit hulle skoolklere reg, voer hulle, pak middagete in vir almal, neem hulle skool toe, gaan terug huis toe en was almal se klere, gaan winkel toe vir inkopies. Hy(sy) maak die katbak skoon, en was die hond. Teen die tyd is dit amper middagete en hy(sy) maak vinnig die kamers en die huis skoon, stof alles af, suig die matte, jaag skool toe om die kinders op te tel, wat met hom(haar) baklei op pad huis toe. Sorg dat hulle middagete kry, huiswerk doen. Daarna moet sy struik, en daarna die aandete begin maak. Na aandete maak hy(sy) die kombuis skoon, vou die klere op, bad die kinders en teen 9:00 het hy(sy) hulle in die bed. Hy(sy) is dood moeg en hoewel hy(sy) nie klaar is met al die dagtake nie gaan kruip hy(sy) in die bed waar sy(haar) man(vrou) eers aandag soek
Die volgende oggend vroeg raak hy(sy) wakker en bid dadelik

“Here, ek het nie geweet waarvoor ek vra nie. Ek was heeltemal verkeerd oor wat my vrou doen, verander my asseblief terug na ‘n man. Amen”

God antwoord “My kind, Ek weet jy het jou les geleer en Ek sal jou terug verander oor 9 maande. Jy het gisteraand verwagtend geraak”

Hou op suinig wees - deel dit!
  • email
  • Print
  • Facebook
  • MySpace
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Yahoo! Bookmarks
  • Twitter
  • muti

Gesels saam!

Gesels saam - los gerus 'n opmerking, aanmerking of boodskap, of 'n trackback vanaf jou eie webwerf. Jy kan natuurlik ook inteken subscribe to these comments op kommentaar via RSS.

Hou dit asseblief skoon(erig) en bly maar by die titel.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar.