grappies
Home » Grappies

Vrou van die nag vs ou oom

‘n Vrou van die nag staan een aand op die hoek en wag vir ‘n vriendelike beursie.

‘n Ou oom stap nader en vra: “Meisie, is jy oop vir besigheid?”
“Ja oom, ek is wa-wyd oop vir R50″, antwoord sy.
“Dis reg so meisie, geld is nie ‘n probleem nie, waar is jou plek”
Terwyl hulle in die straat afstap sê die oom: “Luister meisie, ek is bekend daarvoor dat ek bietjie aggressief raak in passievolle tye”
“Nie ‘n probleem nie oom, maar nou gaan dit R100 kos”
“Reg so meisie, geld is nie ‘n probleem nie”

Toe die twee by haar woonstel blok kom sê die oom: “Luister meisie, wanneer ek aggressief raak spoeg en byt en krap ek ‘n bietjie”
“Nie ‘n probleem nie oom, maar nou gaan dit R150 kos”
“Reg so meisie, geld is nie ‘n probleem nie”
By haar woonstel se deur sê die oom:”Luister meisie, wanneer ek spoeg en byt en krap dan doen ek dit mening”
“Nie ‘n probleem nie oom, maar nou gaan dit jou R250 kos.”
“Reg so meisie, geld is nie ‘n probleem nie”

“Oom, hoe lank hou hierdie gespoeg en gebyt en gekrap aan?”
“Net tot jy my geld terug gee meisie”

Hou op suinig wees - deel dit!
  • email
  • Print
  • Facebook
  • MySpace
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Yahoo! Bookmarks
  • Twitter
  • muti

Gesels saam!

Gesels saam - los gerus 'n opmerking, aanmerking of boodskap, of 'n trackback vanaf jou eie webwerf. Jy kan natuurlik ook inteken subscribe to these comments op kommentaar via RSS.

Hou dit asseblief skoon(erig) en bly maar by die titel.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar.