Die predikantseun vloek verskriklik. Mooi praat, slaan, seep in die mond, duiwels uitdryf, niks help. Sy ma, die predikant se vrou, kan een dag nie meer nie en sy jaag hom weg. Hy pak sy tassie en vat die pad. Toe dit donker word, is hy net buite die dorp en hy kry verskriklik koud. Die outjie besluit om maar om te draai huis toe.
“Het ek jou dan nie weggejaag nie?” vra sy ma.
“Ja,” antwoord hy, “maar waar de donner moet ek slaap?”
