Drie vlieë vlieg die Vlieg-Restaurant binne . Kelner-Vlieg aan 1ste Vlieg: “Wat kan ek vir u kry vandag?”
1ste Vlieg: “Net so groot bord bees poef met knoffelsous asseblief”
Kelner-Vlieg aan 2de Vlieg: “. . .en vir U meneer?”
2de Vlieg: “Dieselfde as my vriend asseblief”
Kelner-Vlieg aan 3de Vlieg: “Dieselfde vir U meneer?”
3rde Vlieg: “Ja asseblief, maar sonder die knoffelsous. Ek wil nie hê my asem moet stink nie”
