Diep in die bos begin ‘n klein waterskilpadjie teen ‘n boom uit klouter. Ure later bereik hy die top, natgesweet swaai sy voorpootjies in die lug en spring van die tak af.
Soos jy verwag het val hy homself amper disnis op die grond onder. Na hy weer by gekom het begin hy weer met die lang pad teen die boom uitklim en ure later lê hy weer disnis op die grond. Eenkant sit twee voëls en hou hom dop. Na die 3de keer wat die skilpadjie hom disnis val draai die wyfie na haar mannetjie en sê: “Skat, dink jy nie dit is tyd dat ons hom vertel hy is aangeneem nie?”
