Kallie en Mike is hard aan die werk by ‘n huis wat hulle wil renoveer. Mike meng die sement en Kallie is besig om die houtpanele vas te sit.
Kallie tel ‘n spyker op, kyk daarna en slaan dit dan met die hamer in. Hy tel dan die volgende een op, kyk daarna en gooi dit weg. Die volgende een word dan opgetel, na gekyk en ingeslaan en so gaan dit aan. Mike bekyk die storie vir so ‘n rukkie en skreeu dan vir Kallie ‘Wat is fout Kallie, jy gooi helfte van die spykers weg?!’
‘Die helfte van die spykers se skerp kant is aan die verkeerde kant Mike’ antwoord Kallie
‘Moenie dom wees nie man’, kom die antwoord, ‘daai spykers is gemaak vir die ander kant van die huis!’
