Ou van der Merwe gaan na die apteek en verduidelik aan die Apteker hy het las van te veel motte en goed in sy huis wat sy rus en klere versteur. Die Apteker verkoop aan Van ‘n pakkie mottegif-balletjies met die belofte dat dit net die ding is om hom te help.
Twee ure later is Van terug vir nog ‘n pakkie en ‘n uur daarna kom hy weer in vir ‘n pakkie.
“Van, waarvoor het jy so baie mottegif-balletjies nodig man, die goed werk mos vir weke” vra die Apteker.
“Ag, ek gooi hulle mos nie elke slag raak nie”
