In ‘n teater vir volwassenes in Amsterdam sit ‘n man vreeslik en kreun, soveel so dat die bestuurder geroep word om hom te kom stilmaak want sekere goed is selfs hier onaanvaarbaar.
“Ooh… ah… ooh …ah,” kreun die man.
“Meneer,” vra die bestuurder beleefd. “U steur die ander klante in my teater as u so lawaai. Kan dit miskien ietwat stiller?”
“Ooh.. ah… ek sien die probleem… ooh… ek sal probeer.. ooh,” kreun die man terug.
Kreunend gaan dit egter voort, en ‘n polisieman word gebel om hom te kom verwyder.
“Wat is u naam?” vra die polisieman.
“Ooh… Van der Merwe… ah,” antwoord die kreuner.
“En waar kom u vandaan?” wil die polisieman weet.
“Ooh… van die balkon… ah…”
