Ek het ‘n boek gekry “Fanus se Grapboek – Sêgoed vir alle geleenthede” – deur Fanus Rautenbach die bekende radio persoonlikheid(TV was skaars daai tyd) in die jare 60/70. Die vraag is nou of grappies oor die jare verander het?
Daar is natuurlik die bekende grappies met vreemde mense in soos byvoorbeeld die goed wat ek dink Mike en/of Kallie beleef word deur ‘Van der Merwe’ beleef.
Van der merwe is in die wagkamer van die verpleeginrigting. Saam met hom is daar 2 ander pappas wat wag op nuus. Die verpleegster kom roep hulle 3 om hulle babas te kom eien. Van der merwe gryp onmiddelik die donkerste een en sê “Die een is myne, my vrou verbrand altyd alles!”
Die goed met geld in is snaaks net oor hoe laag dit is
Mediese student aan dokter:’Waarvoor het u hom opereer’
Dokter:’Vir R100′
Student:’Nee, ek bedoel wat het hy gehad’
Dokter:’Honderd rand!’
Ene ‘Jonas’ was lyk my ‘n snaakse ou bv
Jonas le op die naat van sy rug toe die dominee vra ‘Ou Jonas, kan jy my die pad na Meneer Jooste beduie?’
Jonas lig sy een voet op en beduie in die rigting van die pad.
Dominee: ”Ou Jonas, as jy iets kan doen wat nog luier is as hoe jy beduie gee ek jou 20c’
Ou Jonas rol om op sy sy en sê ‘Sit hom maar in my sak meneer…’
In elk geval – ja die vermoed die humor daai tyd was heelwat droeer as deesdae se goed. Hieronder dan ‘n paar musiek grappies uit die vroeer jare:
Resensie oor musiekkonsert in koerant: ‘n Amateu-strykkwartet het Brahms gisteraand in die stadsaal gespeel. Brahms het verloor.’
Toe hulle hom vra van watter musiekstuk hy die meeste hou sê hy: ‘Van Beethoven se Owerspel in Bach se Flat’
Hy is baie goed in musiek. ‘Wat speel hy?’
Tweede viool by die huis
‘Wat vind jy die moeilikste op jou nuwe klavier?’
‘Die paaiemente’
–Die einde–
