Twee boere en Twee varke
Twee boere gesels oor politiek en die een sê: “Ek glo daarin dat alles gelyk verdeel moet word tussen die land se burgers. Ons moet almal gelyk wees in besittings”
“Ek is nie so seker daaroor nie buurman” antwoord die ander een. “Wat jy sê is as jy 2 perde het gaan jy een vir my gee?”
“Natuurlik gaan ek” sê die 1ste boer
“En as jy 2 karre het dan gaan jy een kar vir my gee?”
“Ja natuurlik”
“So as jy twee varke het dan gaan jy my ook een gee?”
“Nee, nee, nee ou swaer. Nice try hoor. Jy weet mos ek het 2 varke…”










Gesels saam!