Koos kry op ‘n dag ‘n nuwe bril en sy golf setwerk verbeter so ongelooflik baie dat sy vriende baie keer verbaas is oor die man se vermoë om die balletjie ingerol te kry.
So vra hulle hom ook die hele tyd wat sy geheim is maar ou Koos wil nie vertel nie tot een aand waar sy golf maats hom ‘n paar doppe ingee en toe weer vra.
“Sien, dit werk so”, sê Koos, “Wanneer ek my bril so skuins op my gesig sit met die een lens half bo my een oog en die ander lens so half onder my ander oog sien ek 2 balle en twee putjies. Een klein balletjie en een grote en en klein putjie en een grote. Wat ek dan probeer doen is om die klein balletjie in die groot putjie te slaan.”
