Twak praat #2
‘n klompie goed wat al ‘n geruime tyd in my WIP is…
Hulle sê Bronkhorstspruit is n baie gesonde plek, hulle moes ‘n 100 jarige skiet sodat die nuwe begraafplaas ingewy kon word.
Hulle sê elke slag as jy asemhaal sterf daar iemand
“Nou hoekom borsel jy nie jou tande nie?”
“Ek kom om die geyser reg te maak, sê die loodgieter toe die vrou die deur oopmaak. “Maar, daar is niks fout met die ding nie sê die vrou. “Het julle ons nie geskakel nie mev Burger?” “Ek is nie Burger nie ek is Smith, die Burgers het 3 maande gelede al getrek”
“Kan jy dit nou glo, mense bel ons noodnommer en trek dan sommer sonder om die afspraak te kanselleer!”
Twee vrieskoeie sit in die bad. “Die water is darem lekker warm sê die een” “Ja, maar ek kry steeds nie die swart kolle af nie” sê die ander
Die een hen sê vir die ander hen, Ek het laas nag so ‘n hoe koors gehad dat ek ‘n gekookte eier gelê het!”
Die olifant in die dieretuin gaan dood en sy oppasser raak verskriklik aan die huil. Die dieretuin hoof troos “Toemaar dit is nie so erg nie.
“Dit is, ek moet hom nou gaan begrawe”!”










Gesels saam!