grappies
Home » Grappies

Tolla se Rooikappetjie en die drie varkies

Die sersant hou skool en vertel die kinders die storie van Rooikappetjie en die 3 varkies, maar hy raak bietjie deurmekaar met die twee.

Die 3 varkies bly in ‘n strooihuis en Rooikappetjie kom vir hulle kuier. Hulle sit lekker in die strooihuis en vat lekker koek en tee toe iemand aan die deur klop. Rooikappetjie vra: “Wie’s dit?”
“Dis wolf”
Die 1ste vark skreeu: “VOERTSEK!”
Die wolf hou niks daarvan nie en sê: “As julle nie oopmaak nie gaan ek blaas en raas en toi-toi tot ek die huis omblaas.
Die een vark skreeu terug “Try dit!”
Wolf gaan sit en blaas en raas en daar waai die huisie. Rooikappetjie en die varke hol en hulle hol en hulle hol en hulle kry ‘n lekker bamboes huis wat Jamie Oliver gebou het vir een van sy flieks en hulle hol daarin en sluit die deur agter hulle. Hulle vat toe weer lekker koek en tee en hulle sit net lekker toe is daar weer ‘n klop aan die deur. Die 2de vark skreeu, “Jis wie’s dit?”
“Dis wolf.”
Die vark skreeu: “VOERTSEK!”
Die wolf laaik dit nog steeds niks nie en sê: “As julle nie oopmaak nie gaan ek blaas en raai en toi-toi tot ek die huis omblaas.”
Die een vark skreeu “Try dit!”
Wolf gaan sit en blaas en raas en daar waai die huisie. Rooikappetjie en die varke hol en hulle hol en hulle hol en hulle kry later ‘n lekker steenhuis in die Vrystaat van ‘n brankkrot boer. Hulle is moeg man van al die hol en Rooikappetjie sê vir die varke “Ek is nou gatvol van al die hol, gooi ‘n dop.”
Sy en die varke vat ‘n paar lekker doppe. Die varke speel domino’s en later is Rooikappetjie se kappie en skoene af en alles gaan net lekker toe is daar weer ‘n klop aan die deur.
“Wie’s dit?”
“Dis wolf”
Die 3de vark skreeu: “VOOOERTSEKKK!”, ken jy nie ‘n vark as hy gesuip is nie?
Die wolf sê: “As julle nie oopmaak nie gaan ek blaas en raai en toi-toi tot ek die huis omblaas.”
Die een vark skreeu terug “Nou try dit”
Wolfie blaas en raas dat sy naeltjie later uitpeul maar die huis bly staan.
Rooikappetjie sê, “Nee wat hy gaan niks maak nie, gooi nog ‘n dop”
Dit kan wolfie nie vat nie en hy maak n plan. Hy ken die Kersvader moves en gly by die skoorsteen af tussen die varke en Rooikappetjie in. Die varke spring deur die vensters en Rooikappetjie is agterna met wolf wat hulle chase.
Die varke se sterte staan soos polisiekarre se aerials en hulle hol man dat die stof so trek oor die Vrystaat se vlaktes.
Rooikappetjie is heel agter en toe wolfie so aan haar rok vat-vat-vat draai sy om en gee hom ‘n moerse klap dat sy tande uit sy mond uit vlieg.
Sy sê Voertsek man, jy jaag net vir my en ek is nie eers in die storie nie!

Hou op suinig wees - deel dit!
  • email
  • Print
  • Facebook
  • MySpace
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Yahoo! Bookmarks
  • Twitter
  • muti

Gesels saam!

Gesels saam - los gerus 'n opmerking, aanmerking of boodskap, of 'n trackback vanaf jou eie webwerf. Jy kan natuurlik ook inteken subscribe to these comments op kommentaar via RSS.

Hou dit asseblief skoon(erig) en bly maar by die titel.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar.