Die korporaal se kind kom laat vir skool. Die juffrou wil weet hoekom hy laat is
“Juffrou, my ma het skelmpies ‘n hond gekoop maar my pa weet nie van die hond nie. My pa het ‘n hoenderhok met ‘n paar hoendertjies en hy is baie heilig op die hoendertjies. Gisteraand hoor hy toe daar is iemand by sy hoenderhok, maar hy slaap mos in ‘n nagjurk met ‘n mus juffrou. Hy vat toe sy haelgeweer juffrou, en bekruip die hoenderhok juffrou om die iemand wat daar krap te gaan vang juffrou. Nou hierdie oorlamse hond wat my ma skelm gekoop het; dit is ‘n goeie hond, ‘n opregte hond juffrou, sy ma en sy pa is ‘n hond juffrou, die hond bekruip my pa, soos my pa die hoenderhok bekruip. Juffrou en toe hy so naby die hok kom en hy so op sy senuwees is juffrou toe sien hy ‘n beweging hier agter hom juffrou en op daai tyd toe ruik die hond met sy nat neus aan my pa se kaal boud juffrou. ‘n Skoot gaan toe af juffrou en vier en veertig van sy beste hoenders is dood juffrou.
Juffrou sê: “Nou is jy seker laat oor jy hoenders moes skoonmaak?”
“Nee juffrou, ek moes die hond skoonmaak”
