Tolla stap eendag in ‘n bar in met ‘n groot dors. “Barman, wat kos ‘n dubbel Whisky?”
“Dis R35.50 meneer.”
“Nee hel, dit is te veel, wat kos ‘n dubbel gin?”
“Dis R28.50 meneer.”
“Nee genade, wat kos ‘n klein glasie wyn dan?”
“Dis R12.50 meneer.”
“Goed, gee maar vir my ‘n klein glasie wyn”
Die kroegman draai om, om die wynbottel van die rak agter hom af te haal. Tolla kyk en hy kyk nog ‘n slag “Hi wat sit daar agter in jou nek?”
“Dit is ‘n groot moessie meneer” antwoord die kroegman half skaam.
“O, ok, alles is so hoog hier dat ek gedink het dit is jou poepol”
