Wie onthou nie vir Tolla nie?
Right! Ek is ‘n recce! Ek is van die grens af, ek veg vir folk en vaderland…ma ek is rof, en ek is onbeskof! Ek maak my tande met ‘n haelgeweer skoon, en ek maak my broek met ‘n geelslang vas, en ek vee myself af met ‘n brandnekel, want ek is rof! Maar op die grens het ek klomp joppe gehad. My eerste job wat hulle vir gegee het…ek moes honde oplei omdat ek so rof was, ek knor mos nes ‘n hond! En as ek vir ‘n bloedhond gesĂȘ het bloei, dan bloei hy! En as ek vir ‘n Foxterier gesĂȘ het fox, dan fox hy…maar ek sukkel nog met die Windhond!
