In enige argument is dit belangrik dat jy die laaste woord inkry. Soms is dit belangriker om die laaste daad ook in te kry...
Meraai gaan trou, met iemand anders as Gatiep....wat maak jy as jy te lank gewag het om jou kans te vat?
Hoe is dit dan dat ek die heel tyd grappies kry oor watter straf dit is om getroud te wees? Of is dit net die ongelukkiges wat grappies aanstuur, die res is hmm besig?
Lyk my die huwelik leen homself tot grappies, of is dit tragedies versteek in die vorm van 'n grappie, amper soos 'n Nostradamus waarskuwing waar jy nie seker is waarvoor en wanneer jy eintlik moet bang wees nie.