Op pad na die plaashuis loop die agent verby ‘n vark met ‘n hout been. By die boer gekom is hy nuuskierig oor die vark en vra wat die vark se storie is. “Wel,” sê die boer, “hierdie is ‘n baie spesiale vark.” “Ek het eendag in die skuur sit en slaap toe die strooi vlamvat.” “Die vark het deur die vlamme ingehardloop, my wakker gemaak en my toe gehelp om deur die rook die pad na buite te kry, en so my lewe gered.”
“Nou wat het dan met sy been gebeur?” vra die agent
“Wel, so ‘n spesiale vark eet mens nie alles op een slag nie!”
