Die boer stap by die kroeg in en bestel ‘n trippel brandewyn. Terwyl die kroegman dit gooi mompel die boer “party goed kan net nie verduidelik word nie”
“Wat is fout?” vra die kroegman wat hom goed ken.
“Wel, vanoggend melk ek vir ou Bessie en uit die bloute skop sy die emmer melk om met haar regterbeen. Ek vat toe maar ‘n stuk tou wat daar lĂȘ en maak haar regterbeen aan die paal vas daar naby. Maar party goed kan net nie verduidelik word nie”
“Nou wat is die probleem dan?” vra die kroegman
“Man ek melk toe maar voort en Bessie gaan en skop toe weer die emmer om met haar linkerbeen. Ek vat toe maar ‘n ander toe en maak haar linkerbeen aan ‘n paal vas daar naby. Maar party goed kan net nie verduidelik word nie.”
“Goed, maar wat is die probleem nou regtig?” vra die kroegman weer
“Ek melk toe maar weer voort en wragtig Bessie gaan ek waai die emmer met haar stert om. My tou is op en ek haal toe maar my lyfband af en bind die een ent om haar stert. Ek staan toe op die stoel en haak die gespe aan die draad in die dak bokant haar en met die strek slag raak my middellyf toe dunner en oor ek my lyfband afgehaal het val my broek af. Op daai selfde oomblik stap my vrou by die stal in…en dit is wat ek nie kan verduidelik nie…
