Mike kry sy week se geld en besluit dit is tyd om homself te bederf. Hy gaan klop aan die dorp se enigste bordeel en ‘n oomblik later maak die mooiste vrou wat hy nog ooit gesien het die deur oop. Mike kan skaars praat en sukkel sukkel sê hy ‘Wat kan ek kry vir R5?’
‘Jy kan gaan speel met jouself’ antwoord die pragtige vrou kortaf.
‘n Paar minute later klop ou Mike weer aan die deur.
‘Wat de hel wil jy nou hê?’ vra die pragtige vrou
‘Ek kom betaal maar net…’
———————————————-
Die ou omie gaan besoek die bordeel en vra die dame vir ‘n jong vrou vir die nag.
Die dame kyk die omie op en af en vra hom ‘Hoe oud is jy omie?’
‘Ek is 98 jaar oud’ antwoord hy trots
’98 jaar oud!?’ roep sy, ‘nee omie, jy het dit gehad gaan huistoe’
‘O, ok, nou hoeveel skuld ek jou?’

Tot die Huisgenootjies se punchlines is snaakser