Skoonheidsgeheime
Twee skoolvriendinne loop mekaar raak 15 jaar na skool.
Die een lyk pragtig jonk en gesond en die ander een lyk oud en afgerem. “Hoe kry jy dit reg om so gesond, en jonk te bly lyk?” vra die afgeremde een.
“Ek het ‘n wonderlike baas” antwoord pragtig, “Ek kom nooit voor nege werk toe nie; ek sit op sy skoot wanneer hy ‘n brief dikteer; gaan eet gewoonlik middagete saam met hom by sy woonstel; neem in die middag dalk nog ‘n brief of wat af terwyl ek op sy skoot sit; in die aand neem hy my baie keer teater en restaurant toe en dan kuier ons weer bietjie by sy woonstel waarna hy my by die huis gaan aflaai. Wat doen jy?”
“O,wat” antwoord afgerem “Ek is ook ‘n prostituut; ek tik net nie so baie nie”










Gesels saam!