Ou oom Koos en tante kyk na ‘n prekery op die TV en op ‘n stadium draai die prediker na die kamera en sê hy wil al die kykers wat gesondmaking nodig het help. Die kykers moet opstaan, een hand op die TV sit en die ander hand op die liggaamsdeel wat gesondmaking benodig. Die tante wat al heel week maag krampe het staan op en skuifel na die TV waar sy die een hand op die TV stel sit en die ander op haar maag. Koos, haar man, skuifel ook TV toe, sit een hand op die TV en die ander tussen sy bene. Die tante staan hom eers en loer en sê toe verontwaardig “Koos, die prediker praat van goed gesond maak, nie goed uit die dood laat opstaan nie”
