Die spietkop sit agter ‘n boom op die Hhoofweg en soos hulle maar maak, wag hy vir iemand om die spoedbeperking te oortree.
Hy sien hier kom ‘n motor aangekruie teen ‘n spoed van 22km/ph.
Hy dink dis nou nie oor die spoedgrens, maar kan net so gevaarlik wees en hy sal maar die voertuig moet stop.
Hy stop die motor en sien vyf senior dames in die motor met sulke piering groot oë en wit bleek gesigte. Die bestuurder maak haar venster oop en sê “Konstabel ek het nie oor die spoedgrens gery nie.”
Die spietkop antwoord:” Ek weet tannie maar u ry heeltemal te stadig en is nie eers op die minimum spoedgrens nie.” “Maar konstabel, ek het die presiese spoedgrens gery van 22km/ph.” sê die Tante.
Die spietkop kyk rond en sê “Tannie die bordjie wat u gesien het was die Hoofweg se Naam die R22.” Die Tante word toe rooi in die gesig van verleentheid en sê: “Jammer konstabel ek sal in die toekoms seker maak ek kyk na die regte padtekens”
Hy kyk so na die ander tannies en vra “Is die ander tantes darem nog reg?” Hulle oë is so groot soos pierings en hulle is almal so wit soos spoke.”
Die tante antwoord: “Ag toemaar hulle sal regkom oor so ‘n minuut of wat. Ons kom nou net van die R365 af”
