Poedelteef
Hierdie is een van Tolla van der Merwe se stories
Op die grens het die generaal se vrou ‘n klein hondjie, ‘n poedel hondjie en dis boonop ‘n tefie gehad. Sy stap winkels toe met die hondjie en sien toe sy mag nie ingaan met die hondjie nie. Sy maak die hondjie aan ‘n paal vas en gaan toe maar alleen in. Die grens se losloper reunhonde kom pla die teef hondjie verskriklik terwyl sy daar vasgemaak is. Die teef probeer die kant toe en daai kant toe maar sy is vasgemaak en wegkom kans is daar nie. Daar kom toe ‘n polisieman verbygestap en sien die tefie se probleem. Hy gaan die winkel in en vra waar die eienaar van die hond is. Die winkelier wys hom na waar die generaal se vrou bra’s aanpas. Hy stap nader en sê “Dame, jou hondjie het probleme daarbuite”
“Wat? vra sy.
“Jou hond is op hitte”
“Hoe?”
“Jou hond wil gedek wees dame.”
Sy sê: “Ag, gaan gerus voort man, ek wil al lankal ‘n polisiehond gehad het!”










Gesels saam!