‘n Groot boer in Noord-Transvaal, Blou Bulle wereld, koop op ‘n dag ‘n baie duur Brahmaan-bul om sy stoet mee te groei. So ‘n duur bul kry natuurlik ‘n naam en die boer besluit om hom Percy te noem.
Sy buurman vra nadat hy dit hoor: “Hoe kan jy nou ‘n (blou)bul vernoem na WP heelagter buurman?”
“Man, as die bulletjie soos Percy is, is die wereld reg. Percy staan mos net die hele tyd agter en dek!”
