‘n Toerbus operateur is besig om met ‘n groep ou mense op die N1 te ry toe ‘n ou dame hom op die skouer tik.
“Jong man, wil jy peanuts hĂȘ?”
Die busbestuurder is honger en aanvaar dankbaar die hand vol peanuts. Na 15 min klop sy hom weer op die skouer en weer kry hy ‘n handvol van die peanuts. Vir die volgende uur gebeur dieselfde ding nog ‘n paar keer, hy kry ‘n klop op die skouer en ‘n hand vol peanuts in die hand. Na die soveelste klop vra die busbestuurder:” Antie, hoekom eet julle nie die peanuts self nie?”
“Ons het nie genoeg tande nie jongman, die goed is te hard vir ons om te eet”
“Nou hoekom koop antie dan die goed as antie dit nie kan eet nie?”
“O, jong man, ons is mal oor die sjokolade rondom hulle…”
