Grappies »

‘n Dogtertjie gesels met haar juffrou oor walvisse. Die onderwyseres vertel dat dit fisies onmoontlik vir ‘n walvis is om mense in te sluk omdat sy keelgat te klein is.
“Maar juffrou,” sê die dogtertjie -”. . .’n walvis het dan vir Jona ingesluk en weer later uitgespoeg!”
“Dis sommer ‘n storie!” sê juffrou – “Walvisse kan dit nie doen nie!”
“Wanneer ek in die hemel kom, gaan ek vir Jona vra” sê die dogtertjie.
“En as Jona nou in die hel is?” wil juffrou weet.
“Dan…” sê die dogter “… moet juffrou hom …

Grappies »

Die onderwyseres bespreek “bloedsomloop” met die kinders.
“As ek nou op my kop sou staan, sal die bloed in my kop inloop en ek sal rooi word in my gesig. Is dit so?”
“Ja , juffrou” antwoord die klas.
“Nou wie kan vir my se hoekom hardloop die bloed nie in my voete in as ek regop staan nie?”
Klein Jannie skree agter uit die klas uit “Omdat juffrou se voete nie leeg is nie!”

Grappies »

Die juffrou spandeer die hele periode om magnete aan haar klas te verduidelik in die natuurwetenskap klas. Sy wys hoe magnete spykers optel en wat dit doen met ystervylsels.
Toe dit uiteindelik vraetyd is, sê sy: “My naam begin met ‘n ‘M’ en ek tel allerhande goed op – Wat is ek?”
Sonder om te aarsel se klein Jannie: “Juffrou is ‘n Ma!”

Grappies »

Drie knapies word in die dieretuin vasgetrek omdat hulle droogmaak. Die beampte sleep hulle na die hoof veldwagter wat met ‘n baie nors stem vir die eerste outjie vra.
“Wie’s jy en wat het jy gemaak?”
Ewe onskuldig ontwoord hy: “My naam is Chris en ons het peanuts in die olifant se hok gegooi.”
Die tweede outjie voeg by: “My naam is Piet en soos Chris gese het, ons het peanuts in die olifant se hok gegooi.”
“En jy?” wil hy van die derde outjie hoor.
Deurmekaar en duidelik verskrik, antwoord hy: “My naam …

Grappies »

Janinie kom die huis binne terwyl hy droewig huil en sy agterstewe vryf.
“Wat’s fout boetie?” vra sy ma besorgd.
“Pappa het sy duim met die hamer raakgeslaan” verduidelik Jannie al snikkend.
“Dis nie iets om oor te huil nie -” probeer ma troos – “Jy moet daaroor lag”
Met ‘n bewende stemmetjie antwoord die knaap “Ek het!”

Grappies »

Jannie en sondes oor Kersfees

Grappies »

Dominee kry vir Gatiep en vra hom hoe dit gaan.  “Djy wiet, ek en die oubaas daar bo is tight. Hy wiet ek kannie in die aand sien nie, so as ek in die aand opstaan en ek gaan toilet toe, dan gaan die lig sommer vanself aan, as ek wegstap, dan gaan hy sommer vanself weer af ook.”  Die dominee kan dit skaars glo en vra later vir Meraai of sy enige iets van die wonderwerke weet.
Meraai: Watter wonderwerke?
Dominee: Nee sien, Gatiep vertel my dat die lig sommer vanself …