Eendag sit Oupa op die stoep toe Ouma van die kombuis af skree: “Oupa, daar is fout met die kleinhuisie!”
(In daardie tyd was dit mos die buitetoilet of dan ‘longdrop’.)
Oupa sê: “Daar is niks fout met die kleinhuisie nie.”
Ouma sê: “Daar is. Gaan kyk.”
Oupa was maar bang vir Ouma en staan maar op en loop brom-brom na die kleinhuisie toe.
Hy kom daar aan en sê: “Ouma, daar is niks fout met die kleinhuisie nie.”
Ouma: “Daar is. Gaan in”, en Oupa gaan toe maar in.
Toe hy binne is kyk hy rond, maar sien niks verkeerd nie en sê: “Ouma, ek is in die kleinhuisie. Daar is niks verkeerd hier nie.”
Ouma: “Daar is. Steek jou kop in die gat af..”
Oupa: “Ouma, ek gaan nie my kop in die gat insteek nie.”
Ouma maak haar stem redelik dik en sê: “Oupa, steek nou jou kop in die gat in of..” en arme Oupa doen dit nou maar so.. Nou is Oupa se kop redelik in die longdrop in om te kyk wat fout is.
Oupa skree toe: “Ouma, daar is niks fout met die kleinhuisie nie!”
Ouma sê: “Trek jou kop uit” en oupa maak ook so, maar toe haak sy baard in die gleuwe van die gekraakte houtplanke vas en hy gil verskrik: “Ouma, kom help! My baard sit vas!” waarop Ouma antwoord:
“Dis f**** seer, né?!”
