Verveeld met die besadigde pas waarteen die lewe in die ouetehuis afspeel oorreed ou Oom Koos die dokter om hom, van ‘n pakkie Viagra pille te voorsien. Na ‘n dag of se se gebruik voel Oom Koos heelwat meer soos die man van ouds en na nog ‘n dag of wat voel Oom Koos dit is tyd vir bietjie opwinding in sy lewe.
Daar is nie baie vrouens beskikbaar in die ouetehuis nie en hy moet maar doen met ou Tant Sarie wat heel dag voor die televisie sit in die sonkamer.
“Sarie”, fluister hy in haar oor, “vir R20 sal ek jou gryp hier op jou stoel. Vir R50 sal ek jou gryp daar op die lekker sagte bank en vir R100 sal ek jou na my kamer neem, jou ‘n lekker ete gee en jou dan gryp. Sarie as ek praat van gryp bedoel ek gryp soos jy nog nooit gegryp is nie en ek waarborg jou jy nie weer in die leeftyd gegryp gaan word nie.”
Ou Tant Sarie dink bietjie na, maak haar handsak stadig oop, kry haar beursie na ‘n bietjie gesoek en haal ‘n nuwe R100 noot uit.
“Aha”, sĂȘ Oom Koos, “so jy wil die die dag in my kamer deurbring?”
“Nee ou Koos, ek wil 5 keer gegryp word hier in my stoel”
