Die oom en tannie se kinders is uit die huis en die twee besluit om ‘n loseerder in te kry om die stilte in die huis te verlig. Hulle dink aan ‘n jong juffroutjie wat by die skool op die dorp skoolhou. Die tannie maak toe ‘n draai by die skool en lig die sekretaresse in dat hulle ‘n huurder sal inneem indien daar n’ navraag is en natuurlik dat die juffrou meer as welkom is. Nie lank nie en daar is navraag van die jong juffroutjie.
Sy gaan kuier toe by die oom en tannie gee te kenne dat sy van hul aanbod sal gebruik maak. Die juffroutjie het sommer dadelik van die oom en tannie gehou en is dus vrymoedig genoeg om sommer met die 1ste aand se intrap slag te vra om sy kan bad. Die tannie sê toe hulle het nie n’ geyser in die huis nie en moet vir haar water op die stoof warm maak. So gedoen en sy
maak reg om te bad. Sy vra toe sommer die tannie om by haar te sit vir geselskap terwyl sy bad.
Terwyl hul so gesels en sy bad merk die tannie op dat die juffroutjie kaal geskeer is op n’ strategiese plek en vra toe: “Juffrou dit het niks met my te doen nie maar hoekom skeer jy jou so kaal?” “Sien tannie, met die sport wat ons beoefen en klere wat ons aantrek werk dit net beter.”
Die aand vertel die tannie dit vir die oom. Die oom sê hy sal die affêre graag wil sien en vra die tannie of sy nie kan plan maak nie. Die tannie besluit dat sy met die badwater gaan wag die volgende aand totdat die oom van die kerkraadsvergadering af kom en dan sal sy die venstergordyn so n’ entjie ooplos.
Alles werk toe soos beplan en toe die tannie dink die oom is terug van die kerkraadsvergadering maak sy die badwater reg en gaan sit weer saam met die juffrou in die badkamer terwyl sy bad.
Op n’ stadium toe sy dink dit is die regte tyd vra die tannie toe of sy weer na die kaal geskeerde affêre kan kyk. Die juffrou is ook nie links nie en wys vir die tannie. Die juffroutjie vra toe op haar beurt of die affjre grys word as mens ouer word. Ja se^ die tannie, en wys haar ook sommer
Later die aand na die bad sien die tannie die oom lyk maar dikbek en vra toe: “Pa het jy dit toe gesien” Hy antwoord toe: “Was dit nou nodig om jou ou grys koek vir die hele kerkraad te wys??????”
