Laat een nag kry die blitspatrollie kry ‘n oproep.
"Hy klim deur die venster!" fluister die stem.
"Wie praat?" vra die polisie.
"Hy is in die kamer, kom gou!" fluister die stem.
"Wie praat? Wat is jou adres?" vra die polisie.
"Hy kyk rond en hy kom nou reguit na my toe. Help my tog!", fluister die stem.
"Waar bly jy? As jy vir ons sê waar jy bly kom ons dadelik." sê die polisie.
"Dis die kat, hy is amper by my, die kat is in die kamer, kom gou!", fluister die stem.
"Wat bedoel jy dis die kat? Bel jy die blitspatrollie vir ‘n kat wat ingeklim het?" vra die polisie.
"Help! Dis Pollie die papegaai hier! Heeeelp!", skreeu die stem.
