grappies
Home » Grappies

Ook maar net mens

So kort voor die runderpes in Namakawaland is daar ‘n oom en antie.
Hulle het kinders by dosyne. By die geboorte van die laaste een waarsku die dokter dat die antie se masjienerie nie meer so lekker is nie en dat sy bes moontlik nie nog ‘n geboorte sal oorleef nie.
Die oom en antie skrik,want hulle is lief vir mekaar en wil nou nie sommer moedswillig die antie laat dood nie.
Nou slaap hulle apart op sulke ysterkateltjies, maar die ongedurigheid broei in hulle. Een nag lê die oom wakker en hy hoor die antie se kateltjie kraak en kreun soos sy rondrol. Na ‘n rukkie is dit stil en hy kyk na haar, net om te sien dat sy hom met groot oë beloer.
“Jy keek vi my,”sê hy.
“Ja,” sê sy, “ek keek vi jou. ”
“Nou maar hoekom keek jy vi my?” vra hy.
“Ek dink” sê sy. “Nou maar wat dink jy so innie laatnag?” vra hy.
“Ek dink jy moet my maar die doodskoot kom sjee”

Hou op suinig wees - deel dit!
  • email
  • Print
  • Facebook
  • MySpace
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Yahoo! Bookmarks
  • Twitter
  • muti

Gesels saam!

Gesels saam - los gerus 'n opmerking, aanmerking of boodskap, of 'n trackback vanaf jou eie webwerf. Jy kan natuurlik ook inteken subscribe to these comments op kommentaar via RSS.

Hou dit asseblief skoon(erig) en bly maar by die titel.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar.