Die ou man en vrou was vir baie jare ongelukkig getroud. Om die waarheid te vertel, hulle het mekaar gehaat met ‘n passie en wanneer die twee vasgesit het het hulle so hard geskreeu op mekaar dat die hele buurt daarvan geweet het.
Die ou man het dan gewoonlik iewers in die argument geskreeu: “Wanneer ek die dag doodgaan sal ek myself op en uit die graf uitgrawe en jou kom terroriseer!”
Die bure was ook maar bang vir die ou want hulle het geglo hy is beset deur een of ander duiwel wat hom slegte magte gegee het. Elke keer as daar iets vreemds in die buurt gebeur het hulle hom die skuld gegee en omdat die ou gehou het daarvan dat die mense hom versigtig hanteer het hy niks gedoen om hulle reg te help nie.
Op 98 gaan hy uiteindelik aan ‘n hartaanval dood tot almal se verligting. Die dag op die begrafnis word hy in ‘n toe kis begrawe en die priester het skaars “amen” gesĂȘ of sy weduwee vrou sit in die kroeg waar sy lekker kuier.
Die bure raak bietjie bekommerd toe hulle sien hoe sy te kere gaan en een vra haar:” Jong, is jy nie bang jou man grawe homself op en uit die graf en kom terroriseer jou nie?
Die weduwee drink haar drankie met een teug en antwoord: “Laat die donner maar grawe, ek het hom onderstebo in sy kis laat sit”
