Word vertel as ‘n ware verhaal
Transvaal (deesdae die Lions) speel een jaar op Nuweland teen die WP(deesdae Stormers). Thys du Plessis speel vir die WP en met die opdraf slag waarsku die Transvalers hom dat hulle hom sal “regsien”. In ‘n stadium kry tuis die bal en hy vorder so ‘n ent op die nat veld toe hy die doef-doef van ‘n naderende speler hoor. Dit beteken net een ding: Die gevreesde Hennie Muller is aan die kom.

Hier kom ek!
Die waarskuwing van “regsien” is nog in Thys se kop en hy soek oral vir ondersteuning en gooi die bal sommer met so ‘n boog na die vleuel toe. Sekondes daarna smeer Muller hom op die modderige veld in ‘n duidelike laatvat. Thys is sommer omgekrap:” Hennie, jy het mos gesien ek het nie meer die bal nie, vir wat kom duik jy my?”
Waarop Hennie antwoord: “Dink jy nou regtig ek sal die hele ent vir niks hardloop nie?”
