Juffrou sê vir haar Graad 1 klas: “Gaan vanmiddag huis toe en dink aan ‘n sin wat julle kan maak met die woorde ‘neem aan’.
Die volgende dag vra sy vir Sannie om haar sin vir die klas voor te lees:
“My ma maak die ketel vol en sit hom aan en ek neem aan sy gaan tee maak.” “Pragtig Sannie”, sê die juffrou.
Ja Jannie, sê maar jou sinnetjie.” My Pa neem die kar se sleutels en loop by die deur uit en ek neem aan hy gaan ry.” “Pragtig Jannie” sê die juffrou.
Klein Meraai sit heel voor in die klas en probeer om haarself so klein as moontlik te hou met die hoop dat juffrou haar nie sien nie.
“Kom nou Meraai, dis nie so moeilik nie. Jy het mos gehoor hoe klink Jannie en Sannie se sinne.”
Meraai staan op en sê : My Ma sit die koerant onder haar arm en stap bosse toe en ek neem aan sy gaan kak, want sy kan nie lees nie.”
(ed: alle name is verander om die persone betrokke te beskerm)
