
Nandos en Joost
Ek swerf op die internet rond om te lees waaroor die groot kinders praat in Afrikaans en meegaande advertensie van Nandos en Joost is amper op elke Afrikaanse webwerf wat ek besoek. En amper elkeen se mond is vol oor arme Joostie se avonture.
Hier is dan nou my 2c hieroor.
Aan Nandos:
Joost is ‘n bloubul en verder ‘n Afrikaanse een (kry jy Engelse bloubulle?). Wat laat julle dink hy gaan die uitnodiging verstaan?
Aan Joost:
Jy het my nie genooi na jou troue nie, so “as getuie geroep” is ek nie en as die “na bewering” uitdraai om “inderdaad” te wees moet jou vrou en haar familie jou maar goed donner. Ek het jou wel vir Lomu sien tackle en ek onthou die driee en ander rugby genot wat jy verskaf het toe ek nog na sulke goed gekyk het. So hier is ‘n paar dinge om vir Nando’s te sê (ns. as jy honger is aanvaar die offer, die kos is nogal lekker):
1. Nando’s, KFC jou
2. Nee dankie, julle dytjies is te kein, selfs vir my
3. Wie het tyd vir eet…
4. Nooi eerder vir Steve, sy aptyt is groter, maar onthou wat hy met sy penis maak daar by julle het niks met jou te doen nie
Nou dat jy klaar gelag het – gaan maak ‘n draai hier om ook te sien hoekom ape soos ek(en JY) onsself nie beter moet ag as Joost en selfs Steve nie http://www.news24.com/News24/Columnists/Chris_Roper0,,2-1630-1649_2471774,00.html
