Die mediese prof stap saam met ‘n groep studente deur ‘n hospitaalsaal en toets hul diagnostiese vermoë. Hy peper hulle met quickfire vrae en verwag onmiddellike antwoorde. Dit is nogal belangrik vir die studente om die prof tevrede te stel, want sonder sy tevredenheid gaan jy nie ‘n dokter word nie, en as hy “onmiddellik” vra dan gee jy dit. Die senuwees is dus bietjie hoog die oggend toe die prof die volgende aan ‘n student vra
Professor: ‘Simptome?’
Student: ‘Hoofpyn, seerkeel en hoë koors, professor.’
‘Diagnose?’
‘Verkoue, professor.’
‘Behandeling?’
‘Disprin, professor.’
‘Dosis?’
‘Koning, professor’
