grappies
Home » Grappies

My ryk pappie het alles vir my gekoop, wat het joune vir jou gekoop?

Twee meisiekinders, een met ‘n baie ryk pappa en een met ‘n minder ryk pappa sit op die ryke se stoep in Sandton.

Die ryk een draai na die minder ryk een en sê in ‘n hoogs gekultiveerde aksent: “Kyk na my pragtige huis. My pappie het dit vir my gekoop.”
Minder ryk pa se dogter antwoord: “Ag, is dit nie gaaf van hom nie”
Ryker draai weer na die minder ryk en sê weer: “Sien jy daardie Porsche daar in die oprit? My pappie het dit vir my gekoop.”
Minder ryk antwoord weer: “Ag, is dit nie gaaf van hom nie”
Weer draai die ryke na die minder ryke en sê: “En sien jy daardie ponie daar anderkant? My pappie het dit ook vir my gekoop!”
Minder ryk se antwoord is weer: “Ag, is dit nie GAAF van hom nie!”
“Wel” vra die ryk pa se meisiekind, “En wat het jou pappie vir jou gekoop?”
Die minder ryk meisiekind antwoord:, “Wel, my pappie het my na ‘n “finishing school” gestuur.”
“Finishing school? Wat leer jy in ‘n finishing school?”
Minder ryk antwoord: “Ek het geleer om te sê ‘Ag is dit nie gaaf van hom nie’ in plaas van om te sê: ‘$$%^& jou, jou &^$%^$!!’

Hou op suinig wees - deel dit!
  • email
  • Print
  • Facebook
  • MySpace
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Yahoo! Bookmarks
  • Twitter
  • muti

Gesels saam!

Gesels saam - los gerus 'n opmerking, aanmerking of boodskap, of 'n trackback vanaf jou eie webwerf. Jy kan natuurlik ook inteken subscribe to these comments op kommentaar via RSS.

Hou dit asseblief skoon(erig) en bly maar by die titel.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar.