Dankie Tony
Luke was 6 jaar oud toe sy ma, Jenean, hom dokter toe neem oor hy koorsig was en seer mangels het. Die dokter sê toe vir Jenean dat sy net buite die spreekkamer, om die draai kan gaan wag en solank moet dink hoeveel keer Luke al seer mangels gehad het die afgelope jaar. Sy kon die hele ondersoek en gepaardgaande gesprek tussen dokter en Luke hoor.
Dokter: “Is jou kop seer?”
Luke: “Ja”
Dokter: “Is jou keel seer?”
Luke: “Ja”
Dokter: “Is jou neus seer?”
Luke: “Ja”
Dokter: “Is jou ore seer?”
Luke: “Ja”
So hou dit ‘n rukkie aan tot die dokter vra: “Nou wat pla jou die meeste?”
Luke: “My klein boetie”
