Oom Tos voel al lankal nie lekker nie en gaan Dokter toe want hy het meer probleme as ‘n tweedehandse Citroen.
Die dokter kyk hom mooi deur en sê “Oom kom volgende week dan bring oom vir my ‘n bloedmonster, ‘n urinemonster en ‘n stoelgangmonster. Die oom hoor nie meer lekker nie en vra vir sy vrou “Wat sê die dokter nou?”
Tannie Tes kyk vir oom Tos en antwoord “Hy sê jy moet jou onnerbroek vir hom los”
