Monnike maak jou ‘n man?
‘n Man besluit hy het genoeg gehad van die lewe en hy gaan ‘n monnik word. Die hoof monnik verwelkom hom en verduidelik dat hy slegs ‘n monnik kan word as hy net brood en water gaan eet en drink, hard gaan werk en dan een klein toetsie sal slaag.
Die man sê ja, hulle moet maar die toetsie doen die res is reg met hom. Die hoof monnik neem hom na die klooster toe, laat hom al sy klere uitrek en bind ‘n klokkie om sy stokkie vas. Die monnik verduidelik dat hulle nou ‘n kaal non daar gaan laat deurloop en as daar enige klank gehoor word dop hy die toetsie. So gesê, so gemaak en die non is skaars deur die deur of sy klokkie gaan aan die lui.
Die man is natuurlike baie teleurgesteld en dring daarop aan dat hy net gaan glo al die huidige monnike het die toets geslaag as hulle 10 monnike bring en die toets saam met hom herhaal.
Die ander monnike word gehaal, hulle trek kaal uit en die klokkies word omgebind. Weer stap die pragtige naakte non daar in en almal se klokkies is stil behalwe vir die man se een wat so hard aan die lui is dat dit afspring en op die grond val.
Die man buk om sy klokkie op te tel, en sy hand is nog nie eens halfpad grond toe nie of 10 ander klokkies begin lui…










Gesels saam!