Ons het kort tevore opgestyg op ‘n toetsvlug van die nuwe vliegtuig en ek was besig om die hidroliese pype stywer vas te draai, toe ek opmerk dat een van die enjins begin brand. Met die skuifsleutel nog in een hand, tik ek die vlieenier op die skouer: ‘Een van ons enjins brand, ‘ waarsku ek hom. Hy land die vliegtuig veilig en ek slaak ‘n sug van verligting. Kort daarna vertel ek vir kollegas op die grond van die dapperheid en teenwoordigheid van gees wat ek gehad het om so kalm te bly onder stresvolle omstandighede, toe ek twee mediese assistente sien verbyloop met ons vlieenier op ‘n draagbaar. ‘Wat is fout?’ vra ek bekommerd. ‘Gebreekte sleutelbeen,’ kry ek die antwoord.
