‘n Bankier wat verskriklik langdradig kon praat was die spreker by ‘n geleentheid waar hy getrou aan sy karakter besig was met ‘n elle lange toespraak. Een van die gaste, wat bietjie baie gehad het om te drink, besluit hy het genoeg gehad van die ou se gepraatery en en bekruip hom met ‘n blompot. Toe hy swaai met die blompot verloor hy sy balans en slaan die man langs die spreker amper uit. Dit laat nie eens die bankier struikel in sy toespraak nie en hy gaan na ‘n paar sekondes voort asof niks gebeur het nie waarop die man wat geslaan is hier van die grond af skee “Slaan my weer…ek hoor hom nogsteeds!”
